Ek wil lewe in jou skaduwee, ek wil jou blik oor alles voel
Elke oggend as die son opkom, oor my bed en kas en stoel
Ek wil weet net wie en wat jy is, ek wil jou fyn maal op die wal
Ek wil jou rook soos goeie kruie uit die diepste, diepste dal
Ek wil saamgaan op jou strooptog, ek wil deel in jou psigose
Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloosEk het 'n suster net soos jy. Sy dwaal rond in ou, ou gange
Die hemel is in LSD. Die hel ook as jy my vra
Die paragrawe wat jy brei, is 'n trui vir Mamma Afrika
Ek wil jou rondwys in my hart, maar jy mag dit nie onthou nie
Die knoppie is op pause, maar my boude is nie blou nie
Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans GoddeloosDis 'n bitterbessie dagbreek, dis 'n uitroep komma-punt
Mabalel is huistoe, want sy mis haar eie kind
Ek wens ek kon jou teken met 'n koukie of 'n kwas
Ek wens ek kon onthou hoekom ek so bewerig was
Ek wens ek kon jou oopskryf, met my balpunt pen behaag
Ek wens ons kon saam wakker word in 'n youth hostel in Praag
God is edel, God is boos, God is nogtans skadeloos